Call Us Today! 011 725 0001|winterhoop@mes.org.za
Tuisblad2020-06-14T21:41:12+00:00

Bring hoop en warmte te midde Winter & COVID19

Die Winterhoopveldtog nooi mense uit om warm klere, komberse en nie-bederfbare voedsel in te samel vir verspreiding aan diegene in nood gedurende die winter. Die aanslag van die COVID19 pandemie vererger die pleidooi van kwesbare gemeenskappe wat sukkel om veilig te bly tydens die inperkingstyd. Verlede jaar is 2500 komberse en 1500 mussies deur die Winterhoopveldtog ingesamel. Sowat 3500 inkopiesakke, gevul met ’n verskeidenheid klere en nie-bederfbare items, is ook ingesamel en 8000 mense is tydens die duur van die veldtog van skuiling voorsien. Hierdie jaar beoog ons nie net om winteritems in te samel nie maar ook veiligheidsmiddele soos maskers, handskoene, sanitasie- en skoonmaakprodukte om skuilings veilig te hou.

Winterhoop is ’n vennootskap van omgee en het die afgelope 20 jaar in omvang en impak gegroei. Vanjaar se vennote staan onder leiding van MES (Johannesburg, Kempton Park, Port Elizabeth, Kaapstad), PEN (Pretoria), Torings van Hoop (Bloemfontein), en die KZN Christelike Raad (Durban). Almal is welkom om by Winterhoop betrokke te raak – om hoop te help gee en warmte te bring aan diegene wat dit die meeste nodig het.

Aflaaipunte is opgestel vir maklike toegang in Pretoria, Johannesburg, Kaapstad, Durban, Port Elizabeth en Bloemfontein, sowel as kleiner dorpe in ander areas. Kontantskenkings is ook welkom en kan deur Snapscan, EFT of PayFast gemaak word via die Winterhoopwebtuiste, of direk in die volgende rekening: Winterhoop, ABSA-taknommer 632005, Spaarrekeningnommer 906 892 5251 (18-A-belastingvoordeelsertifikate kan uitgereik word soos benodig).

Gee Hoop – Gee Warmte

1-30 Junie

Maak ‘n praktiese verskil in die lewens van mense en hul gemeenskappe wat nie die basiese benodighede kan bekostig, om die erge winter te oorleef nie.

Skenk warm KLERE & SKOENE
Skenk “THERMAL” ONDERKLERE & SOKKIES
Skenk MUSSE, HANDSKOENE & SERPE
Skenk ‘n WARM MAALTYD of ‘n WARM BED in ‘n skuiling
Skenk ‘n KOMBERS
Skenk NIE-BEDERFBARE voedselitems
<Skenk VEILIGHEIDSMIDDELE(bv. maskers en handskoene)
Skenk SANITASIE– en SKOONMAAKMIDDELE

Begin u reis

‘n Terugblik op ons reis.

Winterhoop het die harte van baie mense in 2019 aangeraak.

Dankie vir jou bydrae, om die koue wintermaande,

meer draaglik vir die hulpbehoewende te maak.

Hierdie sou egter nie moontlik gewees het, sonder God se aktiewe betrokkenheid en seëninge nie en ons loof en prys Hom vir Sy genade en liefde.

Kliek hier om die volledige 2019 infografiek af te laai

Stories van Hoop

2 weeks ago

Winterhoop

Please support our Winter HOPE Project at MES in Kempton Park. For more information, you can contact Aloma or Luwanda: 011 024 4580 / kempton@mes.org.za

#MES #MESkemptonpark #mouldempowerserve #Changingtheheartofthecity #Winterhoop #WinterHOPE #GiveHope #GiveWarmth
...

View on Facebook

Wil u ‘n donasie aanlyn maak?

Gebruik ons veilige aanlyn donasieplatform

Maak u donasie nou

Hierdie projek word bestuur deur

en ondersteun deur