WinterHoop:  ‘n Gebaar van Liefde

Verhaal van Toewyding:  Gebrei met Liefde:

Corrianne van die NG Gemeente, Groenkloof het ‘n merkwaardige verhaal saam met kunstig gebreide truie by Edupen, ‘n program van PEN in Pretoria, kom aflewer. Almal was stomgeslaan oor die gehalte en detail van elke trui.  Die een wou mooier wees as die ander een.

Die merkwaardige kunstenaar van hierdie besonderse skeppings, is ‘n dame in haar 80’s. Sy is voorwaar ‘n brei-superheld. Haar vaardige hande het wol omskep in warm, gesellige kledingstukke wat ‘n boodskap van  blymoedigheid en vreugde dra. Baie ure is aan die skep van elke trui gewy.  Elke steek is ‘n getuienis van keurigheid en onbaatsugtige toewyding.

Haar kosbare skeppings herinner ons aan die onmiskenbare impak wat een individu in ‘n gemarginaliseerde gemeenskap kan hê. Haar liefdesarbeid gaan oor meer as die fisiese warmte wat hierdie truie bied. Dit is ook die karweier van emosionele warmte en hoop. Oral om ons is daar mense met empatie wat omgee oor die welstand van ander en ‘n daadwerklike verskil maak.

Corrianne se besoek, afhaal en aflewer van hierdie kosbare truie, beklemtoon die hart van WinterHoop. Dade van omgee soos hierdie inspireer ons almal om meer te doen, meer te gee, en meer warmte en liefde te betoon. Sodoende kan ons seker maak dat niemand in die koue gelaat word nie.

Ons is oneindig dankbaar vir die voortdurende ondersteuning van mense soos Corrianne en ons bei-superheld.. Hulle toewyding hou WinterHoop se missie lewendig en versterk ons vasberadenheid om ‘n verskil te maak, een steek op ‘n keer.

Of jy brei, noodsaaklike items skenk, of bloot die woord dra, elke aksie tel. Saam-saam verseker ons dat hierdie winter ‘n seisoen van medelye en mededeelsaamheid is.

Share the Post:

Related Posts

WinterHoop 2024 Afsluiting:

Met WinterHoop 2024 wat tot ‘n einde gekom het, kyk ons met groot dankbaarheid terug na ‘n uiters suksesvolle veldtog wat werklik die gees van vrygewigheid en gemeenskap regoor Suid-Afrika ten toon gestel het.

Read More