WinterHoop Bring Warmte na Clarens

Baadjies vir Maatjies

Terwyl die winterkoue sy greep oor Suid-Afrika verstewig, het die gemeenskap van Clarens se vrygewige harte en aksies gehelp om die winter van baie kleuter- en kinderlyfies te weer.  Die Uitreikbediening van die plaaslike NG Kerk, die alombekende Clarens Jacket Shop en die plaaslike entrepreneur, Guenter Nërlich, het kragte saamgespan en so die WinterHoop veldtog ondersteun. Die Clarens Combined Churches in Action (CCIA), die administrateurs van die Tshepong-sentrum, het gehelp om hierdie aksie vlerke te gee.

“Ons navorsing het uitgewys dat warm winterbaadjies die grootste behoefte in ons gemeenskap is. Danksy die goedhartigheid van mense in die gemeenskap asook Angela Lillyman, die eienaar van die Jacket Shop, kon ons honderde afslagbaadjies vir die projek voorsien. Angela se borgskap en ondersteuning was van onskatbare waarde, en ons is diep dankbaar vir haar bydraes. Guenter Nërlich se betrokkenheid was ook deurslaggewend om ondersteuning en hulpbronne vir hierdie saak te mobiliseer.

Tot dusver het ons ‘n totaal van 315 warm winterbaadjies aan kinders en kleuters in Clarens uitgedeel.

Hierdie inisiatief het groot verligting en warmte aan baie gesinne in die Clarens gemeenskap gebring. Ons spreek ons hartlike dank uit aan Angela Lillyman, Guenter Nërlich, en al die vennote wat hierdie veldtog ondersteun het. Julle vrygewigheid het regtig ‘n verskil gemaak. 

Terwyl ons voortgaan om noodsaaklike winteritems uit te deel, nooi ons een en elkeen om met ons hande te vat sodat ons saam kan verseker dat niemand, sonder behoorlike beskerming, hierdie ysige winterkoue hoef te trotseer nie.

Share the Post:

Related Posts

WinterHoop 2024 Afsluiting:

Met WinterHoop 2024 wat tot ‘n einde gekom het, kyk ons met groot dankbaarheid terug na ‘n uiters suksesvolle veldtog wat werklik die gees van vrygewigheid en gemeenskap regoor Suid-Afrika ten toon gestel het.

Read More