Nasionale omgee-veldtog skop af vandag – bring hoop en warmte gedurende ons koue wintermaande
JOHANNESBURG, 23 MEI 2022 – Die jaarlikse nasionale WinterHOOP 2022 omgee-veldtog is vandag vir sy twintigste agtereenvolgende jaar afgeskop. Die hoofdoel van WinterHOOP is om kwesbare stedelinge regoor die land op ‘n verantwoordelik wyse te help om die koue van winter te oorleef. As deel van WinterHOOP sal klere en kos by meer as 140 versamelpunte regoor die land bymekaar gemaak en aan behoeftiges versprei word. Dié veldtog sal vanaf eerskomende Maandag vir ‘n tydperk van sewe weke duur.
Leona Pienaar, die Hoofuitvoerende Beampte van die nasionale nie-winsgewende organisasie Mould Empower Serve (MES) wat die inisiatief vanjaar lei, verduidelik: “Ons wil met die WinterHOOP omgee-veldtog mense in nood deur die winter ondersteun. Voorts moedig ook die publiek aan om eerder skenkings aan verantwoordelike diensorganisasies te maak wat welwillendheidswerk doen. Die donasies van kos, klere, daaglikse benodigdhede asook broodnodige geldelike bydraes kan dan goed aangewend word ten bate van mense in nood.”
Sy verduidelik dat ‘n onlangse studie, deur U-Turn en MES Kaapstad, bevind het dat sowat R23 miljoen kontant oor ’n tydperk van twaalf maande direk aan hawelose mense in Kaapstad oorhandig is. “Die kontant hou egter in baie gevalle dwelmverslawing in stand en ondermyn die goeie werk van rehabilitasieprogramme. Dra gerus by tot die behoefte, maar doen dit verantwoordelik aan organisasies wat ‘n volhoubare verskil kan maak aan die nood,” vra Pienaar.
“Deur WinterHOOP 2022 te ondersteun, kan die uiterse nood in ons samelewing op ‘n verantwoordelike manier beveg word deur die deelnemende kundige, geloofwaardige en toegewyde organisasies. WinterHOOP is ‘n nasionale vennootskapsinisiatief deur vier NWO’s, wat MES (Johannesburg, Kaapstad, Kempton Park, Gqeberha), PEN (Pretoria), Torings van Hoop (Bloemfontein) en His Hands (Durban) insluit.”
Tydens die vorige veldtog in 2021 is 1472 komberse bymekaar gemaak, 1305 skuilingbeddens benut en 1364 inkopiesakke kos is regoor Suid-Afrika ontvang. “Vanjaar is ‘n mylpaal-jaar vir WinterHOOP deurdat dit ons twintigste veldtog is. Ons hoop om juis vanjaar meer ondersteuning as ooit te vore te sien, aangesien die behoefte groot is, veral na die COVID-19 pandemie se impak op ons samelewing. Die pandemie het daartoe gelei dat baie méér mense hulp nodig het. Ons doen ‘n beroep op die publiek om hul harte oop te maak en hoop te deel met diegene wat juis hoopverlore voel hierdie winter,” voeg Anelle Erasmus, die veldtogorganiseerder by.
“Om deel te wees van ‘n nasionale beweging soos WinterHOOP maak diens aan en die reis saam met arm en kwesbare mense gedurende die koue wintermaande, net soveel makliker. WinterHOOP stel ons daartoe in staat om die verskillende lewenskrisisse onder ons kwesbaarste mense te kan hanteer wanneer dit voorkom,” sê De la Harp le Roux, van Torings van Hoop.
“PEN se missie is om die kettings van armoede te breek deur doel, mag en waardigheid te vind te midde van armoede en weerloosheid. Ons het ‘n ekosisteem van sorg wat fokus op fisieke, opvoedkundige en beroepswelstand, asook die emosionele en geestelike welstand van mense in nood. Oplossings vir die legio van probleme onder behoeftiges kan egter slegs gevind word wanneer die basiese behoeftes van ons begunstigdes aangespreek is,” verduidelik Dr Cobie Lombard van PEN in Pretoria.
“Die wintermaande maak ons gemeenskappe selfs meer kwesbaar, en dit is alleenlik met die ondersteuning van die vrygewige en betrokke publiek, dat ons effektief kan uitreik na diegene wat warmte en voeding dringend nodig het. Die WinterHOOP-veldtog is ’n geleentheid om ons bestaande platforms te gebruik om die uitreik na ons gemeenskappe te vergroot en groter openbare betrokkenheid by betroubare projekte te verseker,” voeg Lombard by.
Al die items wat ingesamel word, word onder daardie plaaslike gemeenskap se behoeftiges herverdeel. Meer inligting en toegang oor die naaste WinterHOOP aflaaipunt is aanlyn beskikbaar by https://winterhoop.org/drop-off-points/.
Geldelike skenkings word ook verwelkom en help hierdie organisasies om aan die mees basiese behoeftes te voldoen gedurende die winter. Skenkings kwalifiseer vir 18 A belastingkwitansies.
BANKBESONDERHEDE
Rekeninghouer: WinterHOOP
Bank: ABSA
Takkode: 632 005
Rekeningtipe: Spaar
Rekeningnommer: 906 892 5251
WinterHOOP-nommer: +27 11 725 0001
WinterHOOP is trots om RSG en Beeld as vennote vir hierdie jaar se veldtog te hê. Ons hoop om in 2022 nog ‘n groter impak te maak wat ons visie vir #GiveHope #GiveWarmth meer tasbaar maak.
FIN
(691 Woorde)
MEER OOR WinterHOOP
WinterHOOP is 20 jaar gelede bekendgestel met die doel om die publiek aan te moedig, om winterbenodigdhede vir die minderbevoorregtes in te samel. Die projek het oor die jare meer landwye aanhang en ondersteuning van die publiek, plaaslike sakeondernemings en veral die media gekry. Van die organisasies betrokke by die WinterHOOP-veldtog is; PEN (PTA), MES (JNB, CPT, PE en Kempton Park), HisHands (KwaZulu-Natal) en Torings van Hoop (Bloemfontein).
Besoek www.winterhoop.org vir meer inligting en ‘n volledige lys van versamelpunte
BANKBESONDERHEDE
Rekeninghouer: WinterHOOP
Bank: ABSA
Takkode: 632 005
Rekeningtipe: Spaar
Rekeningnommer: 906 892 5251
WinterHOOP-nommer: +27 11 725 0001
*Stuur ons asseblief ‘n epos by winterhoop@mes.org.za om uit te vind hoe U kan kwalifiseer vir ‘n 18A belastingkwitansie.
HOE WERK DIE VELDTOG?
‘n Nasionale veldtog word elke jaar onderneem om die publiek uit te nooi om ‘n tasbare verskil te maak in die lewens van mense en hul gemeenskappe wat nie die basiese dinge kan bekostig wat nodig is om ‘n strawwe winter te oorleef nie. Die veldtog begin vanjaar op 23 Mei en Suid-Afrikaners word aangemoedig om winterbenodigdhede soos baadjies, serpe, nie-bederfbare voedselprodukte en ander items in te samel wat gebruik kan word om die nadelige gevolge van die winter te verminder. Die publiek kan hierdie items by enige van die byna 140 versamelpunte nasionaal aflaai. Besoek www.winterhoop.org vir ‘n volledige lys van landwye versamelpunte.
HOE WORD DIE FONDSE GEBRUIK?
Fondse wat tydens die veldtog ingesamel word, sal deur die vier vennote versprei word in die gemeenskappe waar hulle weerlose en haweloses bedien. Alle goedere wat ingesamel word, word aan behoeftiges versprei binne die gebiede waar die goedere ingesamel word. Sodoende word daar ‘n daadwerklike verskil gemaak aan die lewens van diegene in die gemeenskappe waarvandaan die donasies kom.
KONTAK WINTERHOOP:
WinterHOOP kontaknommer: +27 11 725 0001
Webtuiste: www.winterhoop.org
Epos: winterhoop@mes.org.za
Volg ons op sosiale media:
- Facebook: Winterhoop
- Instagram: Winterhoop / WinterHOPE