WINTERHOOP 2020 IS OPPAD

Die maand van Junie sal weereens die nasionale veldtog genaamd Winterhoop in aksie sien, waar duisende noodbehoewendes nodige hulp en ondersteuning van verskeie nie-winsegewnde organisasies ontvang. Die huidige uitdaging van koue word vererger deur die COVID19 pandemie wat kwesbare gemeenskappe ‘n geweldige knou toe dien. Winterhoop daag die publiek uit om te betrokke te raak deur komberse, warm klere, nie-bederfbare kos, skuiling en veiligheidsmiddele soos maskers, sanitasie- en skoonmaakmiddele te skenk.

Winterhoop is in 2001 begin waar ‘n vennootskap tussen PEN (Pretoria) & MES (Johannesburg, Kempton Park, Kaapstad en Port Elizabeth) gesmee is om gedurende die koudste tyd van die jaar, op nasionale vlak ondersteuning te bied aan hawelose en kwesbare gemeenskappe. Vandag bestaan die vennootskap uit 4 organisasies waar Torings van Hoop (Bloemfontein) etlike jare al deel vorm van die Winterhoop veldtog en die KZN Christelike Raad (Durban) wat hierdie jaar aanboord gekom het as die Kwa-Zulu Natal vennoot.

Winterhoop het in 2019 meer as 2500 komberse, 1500 mussies, 3500 inkopiesakke kos en klere, asook 8000 beddens beskikbaar gemaak teen die koue. Byna 200 aflaaipunte landwyd sal onder die vaandel van Winterhoop insamelings behartig en versprei na behoewende gemeenskappe.

Winterhoop is trots om RSG, Media24, die Kerkbode en KykNET Ontbytsake as media vennote te hê vir die 2020 veldtog. Hierdie jaar beoog Winterhoop om selfs meer impak te vermag. Ten spyte van die inperkingstyd wat Suid- Afrika tans beleef, wil Winterhoop sy visie tot gestalte bring. #GeeHoop #GeeWarmte.

Share the Post:

Related Posts

WinterHoop 2024 Afsluiting:

Met WinterHoop 2024 wat tot ‘n einde gekom het, kyk ons met groot dankbaarheid terug na ‘n uiters suksesvolle veldtog wat werklik die gees van vrygewigheid en gemeenskap regoor Suid-Afrika ten toon gestel het.

Read More